Wortels & Vlerke is ’n Afrikaanse podcast oor emigrasie, identiteit, familie, geloof, verandering en die vraag wat baie van ons op ’n stadium vra: Waar is huis nou?
Ons gesels eerlik oor die mooi én moeilike dele van ’n lewe tussen wêrelde — die mense wat ons agterlaat, die nuwe gemeenskappe wat ons bou, kinders wat tussen kulture grootword, huwelike en loopbane wat verander, en die wortels wat ons saamneem waar ons ook al gaan.
Koester Jou wortels. Vetrou Jou vlerke
Celeste is in Namibië gebore en het grootgeword tussen Namibië en Suid-Afrika. Sy het vroeg geweet sy wil die wêreld sien. Vandag is sy 'n ma van twee seuns en 'n passievolle ondersteuner van Afrikaans, waarookal sy haar, in die wêreld bevind. Huis is tans op die Isle of Man.
Erica het saam haar gesin in 2021 na die Isle of Man verhuis en in 2025 na Colarado, VSA. Sy isn ma, entrepreneur en avonutier wat geleer het dat "huis" nie net n plek is nie, maar eerder die mense saam met wie jy leef en liefhet.
Ons gesels oor die oomblik wanneer die droom van iets nuuts verander in 'n regte besluit – die vrese, die hoop, die kinders, en die geloof wat ons dra.
Wortels & Vlerke Podcast
Ep 1: Hoekom Ons Gegaan Het
BEKYK ALLE EPISODES
Luister saam, dink saam en deel wat by jou aanklank vind. Wortels & Vlerke is ’n plek vir eerlike gesprekke, nuwe perspektiewe en stories wat ons nader aan mekaar bring.
Wortels & Vlerke Podcast
DEEL JOU STORIE →